1Skryf aan die engel van die gemeente in fese: D¡t sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars: 2Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy die op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; 3en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. 4Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. 5Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie. 6Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikola‹ete haat, wat Ek ook haat. 7Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is. 8En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: D¡t sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het: 9Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar 'n sinagoge van die Satan. 10Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. 11Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie. 12En skryf aan die engel van die gemeente in P,rgamus: D¡t sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het: 13Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon. 14Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van B¡leam wat Balak geleer het om 'n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer. 15So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikola‹ete, wat Ek haat. 16Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond. 17Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op die steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang. 18En skryf aan die engel van die gemeente in Thiat¡re: D¡t sê die Seun van God wat oë het soos 'n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper: 19Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste. 20Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Is,bel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet. 21En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie. 22Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie. 23En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke. 24En ek sê vir julle en die ander wat in Thiat¡re is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie. 25Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom. 26En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, 27en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. 28En Ek sal hom die môre ster gee. 29Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.