1Ek beveel by julle aan ons suster F,b,, wat 'n dienares is van die gemeente in Kenchr,ë, 2dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie 'n beskermster en ook vir my. 3Groet Prisc¡lla en Aquila, my medewerkers in Christus Jesus, 4wat vir my hulle lewe gewaag het; nie ek alleen dank hulle nie, maar ook al die gemeentes van die heidene. 5Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Ep,netus, my geliefde, wat die eersteling van Ach je is vir Christus. 6Groet Maria wat baie vir ons gearbei het. 7Groet Andron¡cus en Junias, my stamgenote en my medegevangenes, wat in aansien is onder die apostels en reeds voor my in Christus gewees het. 8Groet Amplias, my geliefde in die Here. 9Groet Urb nus, ons medewerker in Christus, en St chis, my geliefde. 10Groet Ap,lles, die beproefde in Christus. Groet hulle wat van die huis van Aristobulus is. 11Groet Herodion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narc¡ssus is, die wat in die Here is. 12Groet Trif,na en Trifosa, vroue wat in die Here arbei. Groet P,rsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het. 13Groet Rufus, die uitverkorene in die Here, en sy moeder en myne. 14Groet As¡nkritus, Flegon, Hermas, P trobas, Hermes en die broeders wat saam met hulle is. 15Groet Filologus en Julia, N,reus en sy suster en Ol¡mpas en al die heiliges wat saam met hulle is. 16Groet mekaar met 'n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle. 17En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. 18Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges. 19Want julle gehoorsaamheid het algemeen bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle, en ek wens dat julle wys mag wees teenoor wat goed is, maar onskuldig teenoor wat sleg is. 20En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen. 21Timothes, my medewerker, groet julle, en Lucius en Jason en Sos¡pater, my stamgenote. 22Ek, T,rtius, wat die brief geskryf het, groet julle in die Here. 23Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle. Er stus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle. 24Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen. 25Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is, 26maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof 27aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen.