1En in die vierde jaar van koning Dar¡us het die woord van die HERE tot Sagar¡a gekom, op die vierde dag van die negende maand, in die maand Kislew. 2Bet-el het toe Sar,ser en Regem-Meleg met sy manne gestuur om die aangesig van die HERE om genade te smeek 3deur aan die priesters wat by die huis van die HERE van die leërskare was, en aan die profete die vraag te stel: Moet ek in die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het? 4Daarop het die woord van die HERE van die leërskare tot my gekom en gesê: 5Spreek tot die hele volk van die land en tot die priesters dit: As julle, nou sewentig jaar lank, in die vyfde en in die sewende maand gevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas? 6En as julle eet en as julle drink, is dit dan nie julle wat eet en julle wat drink nie? 7Is dit nie so met die woorde wat die HERE deur die diens van die vroeëre profete verkondig het nie, toe Jerusalem en sy omliggende stede nog bewoond en rustig was, en ook die Suidland en die Laeveld nog bewoond was? 8Verder het die woord van die HERE tot Sagar¡a gekom en gesê: 9So het die HERE van die leërskare gespreek en gesê: Spreek 'n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. 10En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie. 11Maar hulle het geweier om te luister en wederstrewig die skouer afgewend en hulle ore toegestop om nie te hoor nie. 12Ook het hulle hul hart soos 'n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat die HERE van die leërskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeëre profete gestuur het nie. So het daar dan van die HERE van die leërskare 'n groot toorn gekom. 13Daarom, soos Hy geroep en hulle nie gehoor het nie -- so sal hulle roep, maar Ek nie hoor nie, het die HERE van die leërskare gesê. 14Maar Ek sal hulle wegstorm onder al die nasies wat hulle nie geken het nie, terwyl die land agter hulle verwoes is, sodat niemand meer heen en weer trek nie. So het hulle dan die kostelike land tot 'n wildernis gemaak.